Vanaf die HmT Groep is ons dankbaar vir die geleentheid om betrokke te kon wees by Laerskool Akasia se eerste amptelike atletiekdag. Dit is vir ons as Groep besonders belangrik om terug te ploeg in die gemeenskappe wat deel uitgemaak het ons herkoms. Ons hoop om in die toekoms verdere bydraes te kan lewer tot die enorme opvoedingstaak.
Baie geluk met die eerste groot stap op ‘n lang en voorspoedige pad vir Laerskool Akasia. Dankie vir die erns, dryfkrag en deursettingsvermoë waarmee elke ouer hierdie taak aangepak het. Ons wens julle alle sterkte en sukses toe met soortgelyke gebeurtenisse wat julle in die toekoms gaan aanpak.
Opvoeding sal ons altyd na aan die hart lê, aangesien ons dit ag as die enigste vorm van volhoubaarheid in ‘n baie vinnige ontwikkellende wêreld.